Nov 17, 2010

somersmiddagete

Ek is altyd besig om vir die wêreld kos te maak – 'n bord suurlemoen madeleines vir my kollegas, 'n bak lasagne vir 'n paar vriende op 'n Saterdagaand, 'n vroegoggend omelet vir J. Die enigste mense wat ek vreemd genoeg nie dikwels voor kos maak nie, is my gesin. Daar is 'n paar redes daarvoor, insluitend die gesin se fiemies, soos dat hul nie juis vark eet nie (en nee, hul is nie Joods nie, they just don't dig on swine). Of enige iets wat bietjie brand nie. Maar meestal dink ek dis omdat dit so heerlik is om net vir 'n verandering by my ma se tafel te kan aansit as ek daar kuier, en iemand anders se kos te eet; een van die groot geheime van mense wat heeltyd vir ander kook is dat bittermin mense ons ooit terugnooi en ons aan hul tafel laat sit, which is a crying shame.

Ek nooi toe my ouers oor, vir 'n laatoggend middagete, om die lessenaar wat eetkamertafel geword het. Arkadia is beautiful op sulke dae; die laaste van die Jakarandas was nog sigbaar, die Uniegebou van my woonstelbalkon af ook. Ek het pain l'ancienne gebak, hul in die lengte middeldeur gesny, en lang oop bruschettas voorgesit. Op die eerste tuisgemaakte basiliepesto met slivers komyn-gouda. Op die tweede van die geroosterde velletjies artisjok wat nog oor was van die vorige aand se ete, en die Boeremark se klein rooi en geel soetrissies, gerooster met hope olyfolie. Die laaste twee het gebraaide snytjies chorizo opgehad (ek het die vark-fiemies ignoreer), met fyngekapte kruie. 'n Slaai van wilde roket en avokado aan die kant. En sjampanje.  As jy vir jou *ouers kook moet daar altyd sjampanje wees.


* My ongebore kinders – I'm looking at you. Julle ma soek sjampanje.

5 comments:

Marie said...

Is the swine thing because the piiiig is a filthy animal? :-)

The pigs I eat are charming.

So hulle het vark en rissies gekry, haha. Klink baie lekker.

Anairam said...

Og, sjampanje! Ek is mal oor sjampanje. Ek sal my siel en/of my geboortereg verruil vir 'n glasie fyn, dro"e borrels. Ek het nou onlangs hier by ons local mark 'n pa en seun ontdek wat chorizo en verskeie ander sulke worserige goed maak. Van hulle eie varke, verstaan ek. Shame, ek weet darem nie of ek so langsaan my eie varke kan bly en hulle voer en dan die volgende week chorizoworsies van hulle vervaardig nie. Maar nou ja, iemand moet dit doen. Ek het die chorizo in 'n spaghetti sous gemaak, dit was nogal lekker. Maar kan jy of Marie my verwys na 'n paar ander resepte waarin ek chorizo kan gebruik?

Marie said...

Ek moet se ek dit sommer so, Anairam - mal daaroor. Maar - kap dit baie fyn en meng met knoffel, roosmaryn, ansjovis...en sit binne in 'n deboned leg of lamb. Rol hom weer mooi op, maak vas en braai totdat hy fall-part-tender is in die oond met 'n klomp rooi wyn.

Di nou nie uis 'n resep nie :-)

Jeanne @ CookSister! said...

Donner, dit klink heerlik! Dis beslis nou tyd dat jy 'n kamera kry - ons wil foodporn fotos ook sien!

arcadia said...

anairam - ek doen 'n hele paar goed met chorizo. soms gooi ek dit in pasta, met 'n lekseltjie room en fyngekapte neute. of ek braai dit vinnig in die pan, en eet saam met avokado op 'n stukkie growwebrood.