Nov 15, 2010

ronda

In Ronda, 'n klein stadjie in Andalusië (sê Andaluthea, met jou tong teen jou tande, soos die Engelse the), is hange met wit huisies, brûe wat oor die laaste vierhonderd jaar gebou is, en lemoenbome in die strate. Ons het een aand laat, toe niemand kyk nie, 'n lemoen uit 'n boom gesteel, verder geloop onder die balkonne oorvol met bakke blomme, en besluit dis tyd vir 'n bord ordentlike kos. Dit was dag vier of vyf van ham en brood, en 'n stewiger maaltyd was in orde.

Gebraaide chorizo, gebakte eiers en aartappel vir my, en 'n bord boquerones, diepgebraaide ansjovissies, vir J. Eier! Het my hart gesing. Aartappel! Nog nooit het sulke basiese kosse my so vervul nie.



2 comments:

Marie said...

Wow, daai boquorones lyk heerlik. En nou wil ek oor eier en aartapples eet.

Jeanne @ Cooksister said...

Ons het daaraan gedink of Ronda toe te gaan toe ons die ander week in Andalucia was maar het toe nooit tyd gehad nie - lyk nogal mooi.