Nov 27, 2010

ronda, en limon granizado

Op ons eerste dag in Ronda, uitgeput van te veel stap en die versengende Spaanse hitte, maak ons kennis met die mees verfrissende ding in Spanje – Limon Granizado.  Dit word verkoop in klein kafeetjies in wat ons in Suid-Afrika ken as Slush Puppy masjiene (o, die Slush Puppy-dae van my jeug, ek mis jul), en wissel van heel billik tot bietjie duur, afhangend van of dit 'n tuisgemaakte mengsel is, of die branded weergawe.  Maar soos my oupa altyd gesĂȘ het oor brandewyn, maak nie saak wat dit kos nie, dis altyd 'n bargain.  En in die brandende Spaanse son is dit presies hoe mens voel oor die ysige suurlemoendrankie.

0 comments: