Nov 23, 2010

kataiffi

Die International Store op Southampton is 'n skatkis van eksotiese bestandele.  Hul rakke is gepak met speserye van die wêreld se troubled regions, hul yskaste met Arabiese kase in blikkies en halaal charcuterie, allerhande aardige vrugte en groente en vars kruie orals.  Ek het ure in die winkel spandeer, aandagtig besig om als wat vreemd is te bestudeer.  In in die proses het ek kataifideeg gevind, en een oggend toe ek veronderstel was om Heidegger te lees, eerder my hande begewe in botter en neute en suikerstroop.  Ten spyte van die kataiffideeg se baie fyn tekstuur is dit verbasend maklik om mee te werk, en kan mens lang stringe oor jou werksoppervlak uitsprei, dit deeglik smeer met gesmelte botter, en dan jou neute  ('n kombinasie van pistachio en okkerneut) oorstrooi voor jy dit in nessies oprol.  As al die nessies netjies in hul bak lê giet jy 'n suiker of heuningstroop oor hul oor, en zest 'n suurlemoen by om die soet effens te verskans, en bak.

4 comments:

Marie said...

Off topic, maar dis nou mooi hande en naels! :-)

Jeanne @ CookSister! said...

Man, ek sou so geintimideer wees... maar die eindproduk lyk fantasties!!

wild roses grow said...

Ken glad nie die kataiffi nie, which is clearly a pity, want dit lyk absoluut heerlik. Het 'n gevoel dis amper soos baklava of hoe?

arcadia said...

marie: haha. baie dankie. hul glinster nie gewoonlik so nie, dis die gesmelte botter waarmee ek besig was.

jeanne: ek was uiters verras oor hoe dit toe uiteindelik nie so geintimideer was soos ek gedink het ek gaan wees nie. probeer dit!

wild roses: ja, dis inderdaad related aan baklava. can't go wrong with those elements :-)