Nov 5, 2010

granada: stapelvoedsel



Ek en J reis hard. Ons loop myle en myle, probeer soveel as moontlik sien, en eet meeste van die tyd heel eenvoudig. In Spanje was ons etes gesentreer rondom twee elemente: Brood en ham. Die brood die bruinste wat ons kon opspoor (die Spanjaarde blyk 'n besondere penchant te hê vir witbrood, hoe witter hoe beter). En Serrano ham, lieflike dun slivers vark met translucent aartjies geurige vet.

Die brood en ham is geëet op twee plekke - in warm hostalkamers wat uitkyk oor nou Spaanse straatjies, of op ons skote, iewers op 'n bankie of onder 'n boom. Soos by die Alhambra, waar ek eers pleisters aangebied is deur Duitse toeriste wat my jammer gekry het oor die klomp wit tissues wat in my skoene gesteek is om die blase te buffer, en ons toe later in een van die soel tuine gaan sit het met daardie dag se brood en ham.

Ns: Ek besef dat daardie foto my hoogswanger laat lyk.  Ek is gewis nie.

2 comments:

wildrosesgrow said...

Beautiful textures and patterns...
Ek het 'n paar jaar in frankryk gebly en die witbrood het my ook laat swanger lyk, maar ongelukkig nie agv. van my rokkie nie! Duitse pumpernickel was die alternatief, wat heerlik is met vars tamatie, avo ens...

Alissa said...

I can't understand your blog, because I speak english. I found a link to it and I'm glad! Your photographs are beautiful!!

Ek kan nie verstaan jou blog, want ek praat engels. Ek het 'n skakel om dit en ek is bly! Jou foto's is pragtig!!