Nov 1, 2010

buffalo chicken wings

Ek het buffalo chicken wings gemaak, omdat ek skielik nostalgies was vir 'n Amerikaanse lewe circa 1968 wat ek nooit sal lei nie.  Die buffalo vlerkies was crap.  Dit is al.

6 comments:

Lily Turner said...

ek het die ander dag 'n resep gesien vir Southern Fried Chicken. My kop sê vir my: homemade KFC! surely it can't be unhealthy. ek was laas in 'n KFC as tiener. partykeer voel ek baie lus.

Anairam said...

Nou ja. Buffalo wings het ek nog nooit probeer nie. Dit lyk vir my altoos na sulke morsige kos. Ek bedoel nie morskos nie, maar dis seker dit ook. Ek hou eintlik van netjiese kos. (Ek bedoel nie noodwendig kos wat mens netjies kan eet nie, want ek eet braavleis en mielies en waatlemoen en sulke goed.) O wag, behalwe spaghetti. Dit eet ek morsig en heerlik dat die sop so spat. Het jy dalk 'n goeie resep vir 'n lekker spaghetti sous?

Marie said...

Ek het nog nooit eintlik ge investigate wat hulle is is nie. Wat is hulle? Is hulle souserig?

And Lily, homemade KFC is fokken fanstasties. Ek deepfry 'n hele Cornish hen op 'n tyd. But you can roast the pieces in the oven just as well. The fat in the skin make the flour you have coated them with, crispy.

Anairam - hierdie is nogal 'n lekker een:

http://66squarefeetfood.blogspot.com/2010/04/spaghetti-bolognese.html

Jammer arcadia. Ek het vergeet ek is op julle blog :-)

Lily Turner said...

a wel. nou is ek geinspireer! crispy, fatty, f'n fantasties. wat meer balade vir hierdie enkeling?

arcadia said...

Lily - Ek moet bieg; ek het nog 'n grootskaalse KFC verslawing. Wat ek gelukkig net so een keer elke paar maande indulge, maar wragtag - niemand doen orgasmic junk soos hul nie.

Anairam - Ja, ek swig soms vir morsige kitsch kos. Dit laat my voel soos 'n Carletonville huisvrou in die sewentigerjare.

Marie - Hul is eintlik so basic dat ek vooraf moes geweet het hul gaan nie lekker wees nie. Jy vat hoendervlerkies, en deepfry hul, en dan doop jy hul in 'n mengsel van rissiesous en gesmelte botter. Ek het nie kans gesien vir die olie nie, so het myne in die oond gebak met die rissiesous en die botter. Maar dit was steeds nie baie lekker nie. Ek moet nog daai fried cornish hen van jou probeer. Dit klink fantasties.

arcadia said...

Ps: Nie dat ek bedoel kos wat basic is is sleg nie. Ek bedoel dat uit die resep moes ek al kon figure hoe dit gaan proe.