Nov 3, 2010

artisjokke

Die woord artisjok is beide eksoties en effe vreesaanjaend, asof dit die tipe groente is wat vir jou kan wag in 'n donker gang en of verlei met 'n hees stem wat jou uiterste plesier beloof, of oorrompel en saggies met 'n mes lem. Of dalk beide. In kort: Artisjokke moet ernstig opgeneem word. Ek het die les op die harde manier geleer, met vyf (kleinerige, darem) artisjokke wat ek te lank in die yskas gelaat het en uiteindelik van kant moes maak, terwyl ek in die nag in my bed gelê en wag het dat hul retaliate. Uiteindelik het ek weer 'n paar opgespoor, en saam met Patricia Wells se noukeurige verduideliking, hul ontstam, geskil, die harige middel verwyder, en uiteindelik sag laat braise in 'n bad van witwyn en olyfolie, met 'n handvol salie en kruiesement. Daar was ook knoffel. Die sagte velletjies artisjok word geëet saam met 'n paar snye varsgebakte volgraanbrood, met genoeg van die sous om saam met stukkies brood op te slurp. Dis resepte soos die wat die artisjok gelukkig hou. Die wat mors met 'n artisjok sal tweede kom.

Ns: Onthou om ook die stekelrige puntjies af te sny voor jy hul gaar maak. Trust me.

1 comments:

Marisa said...

Lekker lag ek nou vir die post! Kan nou net sien hoe plot daai artisjokke teen jou en kom een gruwelnag in opstand teen al wat mens is.