Oct 24, 2010

tajarin met botter en salie

Soos meeste resepte met 'n beperkte aantal bestandele is hierdie dis misleidend. Pasta, die varsste wat jy kan kry. Goeie, ordentlike botter. Vars salieblare. Smelt die botter terwyl die pasta kook, haal van die hitte af en laat die geur van die salie ordentlik met die botter kennis maak. As die pasta gaar is (net 'n paar minute, pasop vir te lank kook) skep jy die gebotterde salie oor, met heelwat pecorino, en baie swartpeper.


Eet terwyl die donderweer begin raas, net voor die Jakarandas in nat strepe oor die pad val.


Ns: Oorspronklik uit Patricia Wells se Trattoria.

1 comments:

Marie said...

Hm, ek ken daai boek van haar nie. Dis so eenvoudig, en klink baie lekker. En die imagery is baie mooi.