Oct 26, 2010

sjokoladekaaskoek


J het nie 'n groot liefde vir koek nie. Ek, daarenteen, is halsoorkop smoorvelief. Ander mense wil dronk word as hul 'n slegte dag gehad het. Ek wil koek eet. En op 'n sonnige dag in Southampton was dit hierdie koek, dalk die rykste koek van my jong lewe. Met amper 'n kilogram ('n kilogram!) roomkaas en 'n halwe kilogram donkersjokolade, word hierdie sjokoladekaaskoek gebak en dan twaalf ure later met 'n dik laag sjokolade ganache versier. Ses mense het amper 'n week lank daaraan geƫet. Stadig maar seker versprei ek die Waarheid van Koek orals waar ek gaan.

2 comments:

Lily Turner said...

wow....
jy ken seker die yoghurt koek resep, waar mens die lee koppie gebruik as maat. ek maak dit partykeer met griekse yoghurt en gerasperde suurlemoenskil. the quick fix cake, as jy net moet en daar is weinig tyd.
http://chocolateandzucchini.com/archives/2004/05/raspberry_yogurt_cake.php

arcadia said...

Ja, ek ken dit! Het die ander dag een gemaak, met 'n handvol aarbeie in die deeg. Ek is mal oor sulke eenvoudige koekresepte.