Oct 1, 2010

Orangette se kool met sambal oelek

Daar's nie geweldig baie wat mens hieroor moet sê nie, buiten dat dit lekkerder is as wat dit klink. Braai fraaiings groenkool in olyfolie tot hul effens begin karameliseer en verbruin, en gooi dan lashings sambal oelek en sojasous by. Intussen bak jy 'n eier, en sodra jou kool op die bord is dompel jy die eier bo-op, en nuttig saam warm roosterbrood. 'n Fantastiese antwoord op 'n leë yskas en 'n honger maag en min tyd om iets aanmekaar te slaan.

2 comments:

Anairam said...

Dit klink na 'n Indonesiese gereg so met die eier saam - is dit? Ek hou nogal van kool, maar waar kry mens die sambal oelek? Kan ek sommer gewone crushed chillies gebruik? Of het dit ander goed ook in?
PS Aangaande die borduur - my pogings is nog net practice runs - jy sal nie iemand met minder naaldwerkkennis of -aanleg as ek kry nie. Ek het Std 4 naaldwerk gedruip omdat my baby booties gate ingehad het. En my ma het hulle nogal gebrei want ek het te veel gesukkel. Maar nou skep ek 'n perverse plesier daarin om naaldwerk te (probeer) doen. Op die oomblik skep ek 'n hoed. Dit gaan 'n meesterstuk wees. As dit klaar is sal ek daaroor blog.

Marisa said...

Ek sukkel gewoonlik om aan goeie gebruike vir kool te dink, so dit verlep gewoonlik en stink my yskas op voor ek dit kan gebruik. So ek sal verseker die resep boekmerk - klink of dit die kool 'n lekker kick sal gee.