Oct 20, 2010

linguine met suurlemoen en basilie


Goed, eers full disclosure: Ek is 15 jaar laat vir die River Café partytjie. Maar noudat ek hier is gaan ek nie gou weer waai nie; jul beter 'n bed opmaak vir my. Die laaste ruk kook ek ten minste twee keer 'n week uit hul The River Café Classic Italian Cookbook, met resepte wat wonderlik is vir hierdie tyd van die jaar – eenvoudig, onopgesmuk, met 'n fokus op 'n paar sentrale bestandele. Soos hul linguine met suurlemoen en basilie. Dis somerkos par excellence, met 'n pastasous wat nie gekook word nie, maar aanmekaar geslaan word terwyl jy wag vir die pasta om gaar te word. Zest 'n suurlemoen in 'n pan, druk sy sap daarby uit, en rasper dan heelwat pecorino daarby in sodat die kaas in die sap insmelt. Pas jou sout en peper aan, en as die pasta gaar is skep jy dit in die sous in, met 'n eetlepel of twee van die pasta se kookwater. Voeg 'n handvol basilieblaartjies by, en rond af met 'n paar lashings verouderde pecorino. Voor jy jou suurlemoen begin zest onthou dat soos met alle resepte wat net uit 'n paar bestandele bestaan is die kwaliteit van die bestandele hier van die uiterste belang, so nou is nie die tyd om suinig te wees nie. Probeer dit met vars pasta, en gebruik 'n pragtige unblemished suurlemoen, en die beste kaas wat jy kan bekostig. 'n Lekseltjie van daardie duur olyfolie wat jy nooit gebruik nie is ook in orde. Heerlikheid.

3 comments:

Marie said...

Makie sakie. Dis wonderful boeke. En weird verby: ek het oor suurlemoenlinguine gedroom. But there was no basil.

Anairam said...

Og. dit klink heerlik! Miskien kan selfs ek dit maak. Maar nie met handgemaakte pasta nie, ek dink. (Alhoewel ek een keer sulke deeg ribbons gemaak het wat ek oor 'n stoel laat hang het en toe gekook het. Dit was nogal lekker, ek wonder nou hoekom ek dit nie weer gedoen het nie? O ja, nou onthou ek, dit het gepaardgegaan met baie moeite en die hond se hare het daarin vasgesit.)

arcadia said...

Marie - hier's bosse en bosse vars basil by die Boeremark, so ek was net te bly vir nog 'n resep wat daarvoor vra, ek maak tans potte pesto elke week.

Anairam - Hahahaha. Dit is hilarious! Ek het al een keer vantevore pasta gemaak, saam J, en ons het nie 'n pastamasjien nie so dit was nogal 'n mission. Maar hierdie keer het ek sommer gekroek en by Woolworths 'n pakkie van hul vars pasta gekoop. Worked like a charm ;-)