Oct 22, 2010

brosgebraaide hoenderdytjies

Ek dink soms ek sal my siel vir 'n brosgebraaide hoenderdytjie verkoop. Dit is een van my staatmaker maaltye, 'n pan vol sizzling dytjies in die oond. Hierdie week s'n is eers vir 'n dag gemarineer in 'n Griekse jogurt, met baie knoffel, suurlemoensap en 'n paar salotte. En speserye – komyn, koljander, borrie, gedroogde rissie en heelwat van die warm paprika wat J van Hongarye gebring het. Bak teen 'n hoĆ« temperatuur, en eet saam met 'n reuse bak rocket en ryp avokado.

2 comments:

Marie said...

Nou praat jy.

Vir my is dit die vlerkies, met baie suurlemoensap en 'n oond wat vuurwarm is. Hulle crunch so lekker.

arcadia said...

Ja, daar's juis 'n pakkie vlerkies in my vrieskas wat hierdie week onder skoot gaan kom. Ek maak hul dikwels ook sommer met net genoeg sout, peper en droe gemmer (wat somehow baie goed werk wanneer dit kom by hoender in die oond), en genoeg olyfolie. Fabulous.