Oct 18, 2010

beste broccoli

Twee van my gunsteling mense kom oor vir ete.  Ek het al geskryf oor hoeveel ek daarvan hou om vir hul kos te maak – hul is beide bachelors wat elkeen my bewegings in die kombuis met lof besing, hul eet met uiterste gusto, en ten minste een van die twee het 'n suikerlus wat myne ewenaar, en kan in een sitting sommer vier kolwyntjies baasraak.  Respect.  Vir die aand bak ek 'n brood, rooster za'atar hoender, en maak wat The Amateur Gourmet beskryf as die beste broccoli ooit.  En liewe lesers – daarmee gaan ek wragtag nie stry nie.  Jy rooster die florets broccoli saam met knoffel teen 'n hoë temperatuur in heelwat olyfolie, en as hul net-net begin verbruin ruk jy hul uit die oond, zest 'n hele suurlemoen oor hul neer, sny hom oop en pars die sap ook in die pan, en rasper dan parmesaan of pecorino oor terwyl jy die sout en peper aanpas.  Krap als deurmekaar sodat al die florets hul regmatige aandeel van die geurmiddels kry, en sit warm voor. 

My gaste het my weer vertel hoe elke man 'n vrou soos ek moet hê, en ek het hul die feminist faux pas oor die hoof gesien meestal omdat my mond deurgaans vol van die lustige broccoli was. 

Maak dit.  Vanaand nog.

4 comments:

Ami said...

Dit klink fabulous! Gaan dit beslis probeer.

Betty Bake said...

thank you for the lovely comment on my blog

Betty Bake

Marisa said...

Dit klink regtig lekker! Maar dan, iss daar enigiets wat kaas nie kan beter maak nie?

arcadia said...

Ja, inderdaad!