Sep 19, 2010

zucchini fritters

Ek het nie veel ooghare vir 'n zucchini nie. Dit het somehow aansien gekry ten spyte van die feit dat dit basies smaakloos is, met 'n ietwat ongemaklike tekstuur daarby. Maar toe trek 'n resep uit Forever Summer my aandag – geraperde zucchini wat gemeng word met baie souterige feta, sprietuie, en paprika, en dan aangevul word met hope kruie – fyngekapte flat leaf parsley en kruisement, beide vars en droog. Jy bind dit als met n eier, maak klein fritters met jou hande, en braai dit in olyfolie. Eet saam met bros stukkies hoender gedompel in 'n potjie za'atar.


3 comments:

Marie said...

Ek voel soos jy oor daardie goed.

Klink lekker.

"Bros" is so 'n mooi woord.

Anairam said...

Is zucchini dieselfde as murgpampoentjies? Hoekom is die hele wêreld so teen die liewe ou groentetjies? (Die hele wêreld is my man en drie seuns.) Hulle is darem baie lekker gebraai in 'n bietjie botter met kruie. Ek praat nou van die murgpampoentjies. EK gaan jou (Nigella, whatever) se fritters probeer. Alles self opeet.
PS Die woord verifikasie is "proust". Sjoe, dis diep. Ek wonder of Marcel van zucchini gehou het ...

arcadia said...

Marie: :-)

Anairam: Ja, zucchini is murgpampoentjies. Ek moet bieg dat sedert ek die post geskryf het het ek 'n dis of wat probeer met hul wat beter uitgekom het as wat ek verwag het, so daar is dalk hoop vir my verhouding met hul. Ek hoop jou fritters was lekker!

(en ek dink Marcel het dalk pretty much als verorber...wonder of iemand dalk al 'n zucchini madeleine probeer concoct het?)