Sep 25, 2010

komposkoekies

Ek gaan nie gou by Momofuku Milk Bar uitkom nie, maar hul koekies is tans in my oond. Dis bietjie soos 'n meer volwasse weergawe van my kinderpartytjietafel obsessie, die klassieke kombinasie van sout en asyn chips en Smarties. Die koekies bestaan uit deeg en wat ook al jy het wat in die huis rondlê, solank dit 'n kombinasie is van chips of pretzels of soutbeskuitjies en lekkergoed. Dis ietwat van 'n acquired taste, maar donder, die soet en sout flirtasie raak taamlik verslawend. Hou die deeg in die yskas, en bak elke aand vir jou warmes terwyl jy 'n glas wyn voor bedtyd drink.

2 comments:

Marie said...

Ek's nie seker of ek 'n komposkoekiemonster sou wees nie, but now I want those pork buns...

arcadia said...

Ek is so jaloers op al jul New York restaurante. Daar is regtig baie min worthwhile plekke om by te eet hier in Pretoria.