Sep 27, 2010

antipasti, in Southampton




'n Reuse bord antipasti, verslind deur twee smoorverliefde donders een aand om 'n houttafel in die tuin, net voor skemer. Daar was stroke geroosterde lavash en klein driehoekies geroosterde volgraanbrood. Rypgemaakte cheddar, gloucester, cheshire en klein blokkies gemarineerde feta. 'n Bakkie groenolywe, 'n paar verlore stukkies gemarineerde artisjok, en songedroogde tamaties. Baie taramasalata. Slivers van 'n kilo jamรณn wat ons saamgebring het uit Spanje, 'n paar snytjies takbok salami, en van ons eie tuisgemaakte salm gravlax.

En baie witwyn.

2 comments:

Marie said...

Daardie jamon lyk ongelooflik lekker.

arcadia said...

Dit was. Ons het 'n kilogram saamgebring en gedink dit sal ons lank hou, maar dit was glad nie die geval nie. Dis moeilik om nie daarvan te eet as dit anyway heeltyd in die kamer hang nie.