Aug 8, 2010

tapas in die albaicin

Nog 'n dag in Granada. Haglik warm. Die oggend is gespandeer in die lieflik koel binnehowe en tuine van die Moorse Alhambra. Daarna 'n wandeling deur die Albaicin in die hitte van die dag, met Katolieke kerkies, vervalle huisies, nog nou straatjies. Ons spandeer vroegmiddag in Bar Lara, met lang glase bier en sangria. En 'n bordjie dun skyfies aartappel gebraai in sout en hope olyfolie, met repe geroosterde pimenton bo-op gedrapeer.





0 comments: