Aug 6, 2010

spanje, uiteindelik

Ek vermoed 'n verskoning is dalk gepas. Eers verdwyn ons vir 'n hele paar weke, verskyn dan skielik weer, vol beloftes van heerlikhede uit Spanje en 'n Engelse somer, en dan is alles skielik tjoepstil, geen brokkie oor chorizo of limon granizado in sig. Ons is self geskok oor ons agterlosigheid, en kan maar net noem dat ons twee maande saam in Europa ten volle benut en bekook is, en aangesien ek nou weer terug is in Suid-Afrika sal die volgende ruk se posts 'n rowwe mengelmoes wees van als wat geëet is tussen Bath en Granda, tussen Southampton en Pretoria, tussen Barcelona en Londen.




Granada was ons eerste stop in Spanje. Met blyplek in 'n Spaanse filosofiedosent se woonstel, bier in die yskas, en gratis tapas by straatkafees. Hier is die eerste aand se offering – snytjies baguette met jamón, geroosterde pimenton en die mees orgasmiese dun slivers lardo. En natuurlik was daar yskoue cervezas.

1 comments:

Marie said...

Goddank, julle's terug.

Gratis, regtig? Ek het dit nie geweet nie.

Now that's civilization.