Aug 10, 2010

Rose Bakery's chocolate chip cookies

Gister was een van daardie dae waar mens melankolies wakker word en die gevoel nooit regtig deur die res van die dag se doen en late verdryf word nie. Ek was meestal net verlangend, besig om te dink aan die man oor die see. So toe bak ek maar koekies. Rose Bakery se chocolate chip cookies, waarvan ek die deeg eers 'n dag lank in die yskas los sodat die geure ordentlik kan ontwikkel, en dan bak ek elke aand 'n paar sodat 'n mens altyd vuurwarm koekies binne bereik het. En onthou om 'n klein bietjie sout oor elke koekie te strooi net voor hul gebak word, sodat die geure nog sterker vertoon. Groot chunks gesmelte donkersjokolade blink tussendeur die deeg as ek die oonddeur oopmaak. Troos.

0 comments: