Feb 4, 2010

sustenance

Drie weeksmiddagetes, vir twee sterwend-honger mense, gewoonlik geëet lank na die uur van die middagmaal. Een middag het ons onsself bevind op die stuk gras buite die Drama departement, met 'n piekniek van gou-gekoopte ware by die Duitse Alma-slagter en Die Brotstube-bakkery in Murrayfield. Sagte rolletjies, 'n klein rogbroodjie, 'n paar snytjies pepersalami en 'n rolletjie Metwurst. Daar was ook 'n bottel gin en 'n bottel tonic water, maar niks om dit in te drink nie, en ek twyfel of die universiteit my nog sou aanstel as ek op hul grasperk gevang word besig om skoon gin uit 'n bottel te drink.



Middagete twee: Ons eie poging tot bahn-mi, met stukkies gerookte varknek van die wonderlike Holstein-deli in Kemptonpark, nog 'n Duitse winkeltjie met wonderlike vleise, mosterds, lebkuchen en stollen. Die repies vark is aangevul met slivers hoenderlewerpatee, agurkies, en die tuisgemaakte gepiekelde beet. Numero trois was varsgerolde tortillas met maalvleis gegeur met rissie en tamatie en baie knoffel. Bedien saam met blaarslaai, suurroom, en matured cheddar.

1 comments:

Marie said...

Die fotos raak baie mooi...