Feb 5, 2010

somermaal

Twee van my beste vriende is mans wat net-net raak aan veertig, 'n verskil van amper 15 jaar tussen ons. Hul funksioneer as die ouer broers wat ek nooit gehad het nie – vat my uit vir ete as ek my skripsie gecum het (ja, shameless self-promotion hier), sou die mense wees wat ek bel as ek ooit iewers uitgebyl moet word, en is twee van die mense op die aarde wat ek die meeste geniet om te voer, hoofsaaklik omdat hul leef van Woolworths etes en eier op roosterbrood.

Hul kom oor vir ete. Dis 'n vele gange affêre. Eers 'n koue bak waatlemoenstukke, gevolg deur cheddarbeskuitjies wat J gebak het, asook van sy brood, bedien met twee tipes lewerpatee, die olyf, suurlemoen en caper relish, en 'n laaste lekseltjie van 'n salm poacher's relish van Fordsnum & Mason. Ook 'n bakkie groenolywe, vanuit die kas gekrap, en 'n paar Boeremark-kersies.




Hoofgereg is peking duck. Ons eend is vroeg die oggend al deur chopsticks deurboor, gebad in sy heuning, asyn en maizina broth, en toe gehang in die eetkamer, stil-stil besig om van kant tot kant te sweef.* Ons het hierdie keer 'n ander pannekoekieresep uitprobeer, wat 'n groot verbetering was op laas keer s'n, en met al die kosse vooraf was een eend genoeg om vier mense kos te gee. Poeding was koffie en nog van die Black Magic sjokoladekolwyntjies.





* Dit moet dalk genoem word dat daar 'n paar histeriese oomblikke was toe die eerste gas onverwags vroeg arriveer, voordat ons kans gehad het om die eend uit sy vlieënde posisie te kry, en ek, terwyl ek kan sien hoe die gas met die trap na die woonstel begin opstap, histeries vir J skree, “Sny die eend af! Sny die eend af!”, aangesien ons seker was dat nie een van die twee gaste van dit sou eet as hul eers die modus operandi onder oë gehad het nie. Gelukkig was J rats genoeg.

3 comments:

Marie said...

Ek het al die vorige een(nd) gesien, maar die is die S&Mste eend wat ek nog in my hele lewe gesien het.

Dankie.

The Electric Orchid Hunter said...

Ek beaam wat Marie gesê het. En hoop ek kan eendag van jou S&M Peking eend probeer.

Marisa said...

Sjoe. Die gesig van daardie chopsticks deurboorde eend het my sprakeloos...