Feb 14, 2010

kersfees in groenpunt

Middel-Desember, en ek is in die kombuis saam met GM. Ons kook vir 'n Kersfees-themed dinner party wat hy hou die aand, in sy beautiful Groenpunt-woonstel. Ek en GM het 'n lang geskiedenis van saamkook, en hy en ons vriendin ML was die twee vriende wat oorspronklik saam J en ek begin het met die befaamde kosnaweke. Sedertdien het al drie van hul die stad verlaat en bly net ek oor, en kook niemand van ons meer so dikwels saam nie.

Eers is daar die inkopie-ekspedisie. Ons vat die pad na die Waterfront, soek deur besige rakke in die Pick 'n Pay na nog wynglase en borde, 'n wit tafeldoek elders, en roasts en bessies en sjampanje. 'n Stukkie vars salm word opgetel by die fishmonger, spotgoedkoop eendvet by die Beluga-deli, suurdeegbrode by die Jardine bakkery.

Dan begin die voorbereiding vir die ete. Die hoofgang bestaan uit 'n silverside roast in 'n port en rooiwyn reduksie, 'n gerookte gammon in balsamiese asyn en tiemie, beet gerooster met gemmer, en bros aartappels in eendvet. Vooraf eet ons die salm op snye suurdeegbrood met suurroom, en drink sjampanje. Nagereg is Nigel Slater se somer trifle – 'n feestelike laag-op-laag poeding van aarbeie in port, vanieljesponskoek, geklopte room en geroosterde sliver amandels. Regdeur die dag word daar wyn gedrink, en uiteindelik kom J en die twee ander gaste by ons aansluit vir 'n aand van dekadente gange, nog wyn, crinkle paper Kersfeeshoedjies en luidrugtige gesprekke.

GM het intussen ook self weer begin blog – gaan lees sy posts by Fruit Always Ripe. Dis goed om jou terug te hê, G.






2 comments:

Juno said...

Love your blog: great photos and lovely recipes! Will add you to my blogroll of South African food and wine bloggers. Thank you very much for the kind comments you left on my blog. Juno.

gm said...

Dis great om terug te wees! En julle is altyd welkom by my tafel :)