Feb 23, 2010

hazelwood kersmark

'n Kersfeeskosmark vroeg in Desember, waar ek en J elk gewapen met 'n glas wyn gaan soek het vir dit wat mens nie gewoonlik raakloop in Pretoria nie. Ons het die volgende gevind – 'n stukkie gerolde plantain, tussen twee pur-agtige disks. Dit was aaklig. Die speserye te oordonderend, die deeg oud, als te olierig. Die tweede happie was 'n frikkadel-kebab van 'n Indonesiese stalletjie, met 'n grondboontjiesous. Hier weer, sou ek dink, kon die spesery-element verhoog geword het. Weereens het mens gevoel asof die kos al 'n hele wyle staan. Net voor ons huis toe is het ons by die karpatka-tannie 'n draai gemaak, 'n reuse stuk van die Poolse koek gekoop, en is uiteindelik omgepraat deur haar Hongaarse helper om ook 'n stuk van sy salami te koop, geurig, laced met vet, perfek. Die kersie op ons koek.





0 comments: