Feb 25, 2010

c'est la vie, kalkbaai


Ons was oppad na Olympia. Hul was, soos gewoonlik, vol. Ons was nie lus om te wag nie. Toe stap ons aan deur Kalkbaai, verby die winkeltjie met die koppies en pierings en 1950's verjaardagkaartjies, en verby die antiquarian bookshop en die roomyswinkel, en loop uiteindelik 'n swartbord raak wat op die sypaadjie staan. Daar is iets opgeskryf – C'est La Vie Bakery, met 'n pyltjie wat wys na 'n klein straatjie wat teen die heuwel op verdwyn. Ons stel ondersoek in, en vind 'n klein artisan bakkerytjie met 'n paar tafels op 'n stoepie buite. Die spyskaart is eenvoudig, als gesentreer rondom die varsgebakte brood. Ons bestel uiteindelik 'n halwe baguette met botter en kaas*, koffie, en vars uitgedrukte sap. Die sap was nie koud nie en bietjie vreemd op die tong, maar die res heerlik. Ons het 'n rogbroodjie gekoop om huis toe te neem en probeer kyk wat presies met hul artisan oondjie aangaan, en planne gemaak vir hoe om by hul in te breek in die nag om ons eie brode te bak.


* Hul bied ook 'n baguette avec Nutella aan, maar J wou my nie indulge nie. Sug.

3 comments:

Adele said...

Ek is MAL oor Kalkbaai. 2 jaar terug was daar in die antique winkel reg langs die see so 'n wonderlike koper bad wat ek my man probeer oortuig het om vir my te koop en op een of ander manier in Australie te kry. Nodeloos om te se^, ek is steeds koper badloos. Ek sal hopelik meer sukses he^ met die Nutella brood, is dit nie die wonderlikste kombinasie in die wereld nie?

jvdh said...

En ek het gedink appel met gemmer is heel verfrissend...

Bordeaux said...

Ek is 'n groot fan van Olympia, maar baie bly aaroor dat daar nou opsies is in Vishoek. Was by die plekkie toe ons nog in Kaap was en stuur nou almal soontoe.