Jan 14, 2010

piekniek

Goed, terug by November en Desember. Ons het piekniek gehou, in die Botaniese tuin. 'n Ou blou kombers wat aan my ouma behoort het en nou my offisiële piekniekkombers is, 'n wit tafeldoek, en 'n mandjie vol kos. Pain l'ancienne wat J gebak het toegedraai in vadoeke, olywe, fetakaas, 'n stukkie brie en gemarineerde artisjokke. Koue hoenderdytjies, gebak met sout en peper en droë gemmer. Witwyn, en 'n olyf, caper en suurlemoen tapenade. Ganslewerpatee, wat J teruggebring het uit Slovakië uit, en wat geëet is saam vars kersies. Gelê op die gras terwyl ek voorlees uit Elizabeth David se Summer Cooking, waar sy skryf oor piekniekkosse soos Smoked cod's roe sandwiches on brown bread, Pan Bagna en Figs and cream cheese. Aldus Elizabeth -

Picnic addicts seem to be roughly divided between those who frankly make elaborate preparations and leave nothing to chance, and those others whose organization is no less complicated but who are more deceitful and pretend that everything will be obtained on the spot and cooked over a woodcutter's fire, conveniently to hand; there are even those, according to Richard Jefferies, who wisely take the precaution of visiting the site of their intended picnic some days beforehand and there burying the champagne.

Dis die tipe vrou wat ek sou probeer verlei, sug J.








3 comments:

jvdh said...

Clarification: daar was net twee van ons. En die kos was genoeg.

(Ganslewerpate uit Hongarye - mense verkies dit as mens hulle nie verwar nie)

Marie said...

Mooi mooi mooi.

Jeanne said...

Lyk soos my soort piekniek - veral die patee & kersies. Ons hou ons georganiseerd as ons gaan piekniek, maar doen iemand altyd iets dom - soos on 5 liter Pimms en 500ml lemonade saam te bring...