Jan 21, 2010

hoe om 'n dosyn eiers in 2 dae te gebruik

n Stil Sondag en Maandag, na vele dae van afsprake en administratiewe verantwoordelikhede en laatmiddag verkeer. Ons spandeer uiteindelik die twee dae amper konstant aan die kook – peking eend, 'n baksel kaasbeskuitjies, 'n baksel brioche, 'n baksel brood. Middagete die Sondag die res van die piekniek se hoenderdytjies, slaai, en 'n tuisgemaakte suurlemoen aioli. Die resep afkomstig van Orangette, en my maagdelike probeerslag met mayonaise. Ek stamp knoffel fyn, druk 'n paar suurlemoene uit, en begin dan die stadige proses van olyfolie druppel vir druppel invoeg by die eier. Intussen is daar 'n bak pistachioroomys in die vrieskas. Met net melk en geen room is die gelato 'n revelation – jy maak 'n eiervla en roer dan fyngekapte pistachios by, en laat vries. Aanvanklik was ek bang die kleur en geur sou nie sterk genoeg figureer nie, maar dit was heeltemal verniet. Uiteindelik het ons 'n batch roomys gehad, pastelgroen en so romerig mens kan nie dink daar's geen room in nie. Ek het verlede week die laaste lekseltjie gehad, en mis dit steeds.





4 comments:

The Electric Orchid Hunter said...

O, my genade. Dit lyk hemels.

Robyn MacLarty said...

Two of my favourite things: Orangette is my favourite blog (your mayo looks gorgeous), and pistachio is my favourite ice cream (or gelato) flavour!

Marisa said...

Jy sal mos sommer vir Lecca Il Gelato uit besigheid uit dryf met daardie lieflike pistachio roomys. Ek lek sommer my lippe af in afwagting!

Bordeaux said...

Uhm, kan ek vir jou aanwysings na my plek stuur?