Jan 25, 2010

die lusgevoel

Dit reën katte en honde hier, ek sit en klasse voorberei oor Modernistiese estetika en die avant-garde, en verlang na 'n burger.

Nie enige hamburger nie, maar die hamburger van 'n paar weke terug. Ons het baie maer maalvleis gebruik vir die patties, en bietjie fyn-gesnyde gerookte varknek ingewerk vir ekstra geur. Koljander gerooster en fyngestamp, genoeg sout en peper, broodkrummels, 'n eier om te bind. Daar is 'n hele paar trimmings – blaarslaai, skyfies agurkie, gebraaide uie, mature cheddar. En so sweempie soetrissiesous, mayonaise, en 'n skerp tuisgemaakte mosterd. Die heimwee.


0 comments: