Nov 22, 2009

'n eerste

By die groot mark in die stad koop ek die eerste scallops van my lewe. Hul is pragtig - wit en blink, soos koue ghoens, met die diep-oranje roe steeds aangeheg. Uiteindelik maak ek hul op 'n eenvoudige wyse gaar - botter, suurlemoen, knoffel, tiemie. Soet en sag uit die pan, 'n vuurwarm gebakte aartappel aan die kant.

6 comments:

Marisa said...

Ek's so jaloers! Waar het jy hulle gekry? Ek het hulle nog nooit te koop gesien nie... :-(

The Electric Orchid Hunter said...

Ek moes Colorado toe kom, die verste van die see wat ek nóg was, voor ek my eerste scallops teëgekom het.

Jou post het my nou lusgemaak vir een. Die scallops by Café Vino is die beste in die dorp.

Robyn MacLarty said...

How brave! I've never cooked scallops either. Sounds delicious...

Marie said...

Regtig?! Was hulle vars of bevrore? Ek het hulle nog nooit vars in SA gesien nie. En as hulle bevrore was, klink dit asof hulle die moeite werd is, wat my pleasant verras.

arcadia said...

marisa: ons het 'n groot vars vrugte-, vleis-, vis- en groentemark in 'n decidedly dodgy deel van pretoria, maar die groot verskeidenheid en die pryse maak dit absoluut die moeite werd. ek het die scallops daar gevind.

eoh: ek's bly jy's terug!

robyn: i was a bit afraid of screwing it up, but figured there was no one who would have to stomach my flop but me, so it's worth the risk.

marie: hierdie was sadly bevrore, ek het nog nooit varses gesien in pretoria nie. maar hul was surprisingly goed vir 'n gevriesde weergawe.

Marisa said...

Ai... ek's in die Kaap so dit sal bietjie van 'n rowwe commute wees vir daai scallops.

Dodgy is partykeer mens se enigste hoop, ne?