Nov 20, 2009

my little house on the prairie

Drie gaste vir ete. C, 'n bi-seksuele English major met 'n penchant vir Nobuyoshi Araki en Irvine Welsh, Z, 'n outentieke Goth wat baie verbaal is oor haar trippies op en af die Kinsey-skaal, en L, 'n lesbiese ontwerper wat my klas vermaak met analises van lesbiese haarstyle en diy dental dams. En ek is die token straight girl, wat deeg knie soos Anne of Green Gables en haar eie vanieljesuiker maak. Daar word buite gesit en wyn gedrink terwyl die kos in die oond is, en die gesprekke is stellig simptomaties van wat vier jong liberal arts studente wat 'n decidedly feminist klap weg het oor gesels as hul buite 'n voordeur in Arkadia sit en wyn drink terwyl hul kyk na prostitute wat onder in die straat wag vir kliƫnte. Dit sluit die voor- en nadele van eks-seks in, die verband tussen die mainstream behoefte aan kaalgeskeerde vrouens en patriargie, uitruiling van stories oor die verskillende lecherous lecturers aan wie ons al onderwerp is. Tussendeur rol ek pizzadeeg uit, rooster kersietamaties in die oond, maak vars ricotta. Nog wyn. Nog gesprekke. Die intellektuele masturbasie van Homi Bhabha se werk, L se coming out-storie, volledig met 'n AWB-pa, die Courbet wat in my kamer hang en hul Freudiaanse interpretasies van 'n droom wat ek gehad het oor hoe die lesbiese peetma van 'n eks-boyfriend my ontvoer en aanhou in 'n huis in Soweto. Na die pizza met geurige geroosterde tamaties, sagte ricotta en vars basil is ek weer in die kombuis, besig met die poeding. Rabarber word opgekap en bedek met vanieljesuiker en 'n lepeltjie meel, dan bedek met deegkrummels van meel, sagte bruinsuiker en baie botter, terwyl ek hoor hoe L kort-kort na iemand as 'n heteronormative bigot verwys. Teen die tyd wat die crumble bedien word met styfgeklopte Boeremarkroom het die gesprek geskuif tot die Afrika-strain van feminisme, wat onder andere glo dat die wekroep van Westerse feminisme aan vroue om nie by die huis te bly nie maar te gaan werk, veroorsaak het dat vele ander vroue benadeel is omdat hul aangestel moes word om na die werkende vrouens se kinders om te sien. Nog wyn. Nog bakkies poeding. Hul stap eers na 02h00 by die deur uit.

1 comments:

Jeanne said...

Donner, Laura Ingalls sou jaloers wees ;-)

"L se coming out-storie, volledig met 'n AWB-pa" - ek kan nie ophou lag nie, ditto die heteronormatiewe bigot. Ek sweer ek gaan dit binnekort in 'n gesprek gebruik.

En mmmmm, rabarber crumble. Bietjie gemmer by the rabarber is ook lekker...