Nov 28, 2009

lasagne

Dis 18h00. Ek is die laaste twee en 'n half ure besig met die voorbereiding van 'n lasagne. Nie somer enige lasagne nie, nee - Tony Danza se lasagne.
"Wie is Tony Danza nou weer?" vra my pa.
"Dis die akteur van Three's Company," se my ma.
"Nee, dit is nie," se ek. "Tony Danza is die man van Who's the Boss."
"Is nie," se my pa. "Hy was in Three's Company."
"Is nie! Daai man is nou die dag dood."
"Dit is Tony Danza, man. Hy's die een wat dood is."

Dan, as sekere lede van die gesin besef dat na vele ure van voorbereiding daar nog steeds geen lasagne beskikbaar is om te eet nie, en almal al honger is, word 'n behoefte aan snacks geopper.

(My ma vertel die storie van hoe sy met my doop, met al my pa se familie aan huis vir die post-kerk koek en tee, vir die eerste keer verlief geneem het van sy familie se behoefte aan snacks. Haar tafel koek en tert was nie genoeg nie - sy familie wou snacks hê. En tot vandag herrys die behoefte soms.)

Terwyl iemand winkel toe ry om bestandele vir snacks te gaan koop, werk ek voort. Die proses is omslagtig - 'n mens begin deur omtrent 'n uur te spandeer aan die opkap van veel, veel knoffel, en dan die rasper van veel, veel kaas - beide pecorino en mozzarella. Dan maak jy 'n tamatiesous, en dan 'n klomp frikkadelle. Na jy die frikkadelle saam met die knoffel gebraai het, laat jy hul vir omtrent twe ure in die tamatiesous, vol wyn en vars basilie, prut. Dan begin jy die vars ricotta maak. Na die twee ure word die frikkadelle verkrummel in die sous, en afgewissel met lae vars ricotta, lasagnevelle, en die fyngerasperde kase.

En einde ten laas, as almal hul nou al dik geëet het aan snacks, gaan die twee yslike panne lasagne in die oond in, en bak vir omtrent 'n uur.

Uiteindelik moet ek bieg dat die ure van voorbereiding, en die duur bestandele (die kase alleen is al 'n klein plasie werd), nie deur die eindproduk geregverdig word nie. Sonder die gebruiklike béchamel is die lasagne effens droog, en net bietjie te kaserig. Steeds lekker (dis moeilik om 'n horrifying lasagne te maak), maar niks om oor huis toe te skryf nie. Stuur eerder snacks.

3 comments:

Marie said...

Frikkadelle? Dit klink baie Italian American, soos Tony. Klink lekker.

Made lasagne last night. Too much red wine in the Bolognese, so a bit heavy, but otherwise yummy. Bechamel with just a touch of parmesan. I like the idea of a separate tomato sauce...

Marisa said...

Mmmm ek hou nogal van die idee van frikadelle in 'n lasagne. Maar ai, my lasagne velle sit altyd aan mekaar vas en dan volg daar 'n eindelose frustrasie sessie om die goed van mekaar afgetrek te probeer kry en te red wat te redde is. :-/

Jeanne said...

"dis moeilik om 'n horrifying lasagne te maak" - jy laat my lag! Ek en my ma was ook altyd dol oor snacks - ons het party aande net vir ons in die kombuis snacks gemaak en so stilletjies geët terwyl die res van die familie TV gekyk het ;-)