Nov 9, 2009

heil die koek

Ek studeer en werk in 'n department wat hoofsaaklik bestaan uit Marxist-feminist vrouens. Hul kan jou vertel oor poststrukturalisme, Said en Orientalism, die fallosentriese fokus van die kamera, die wyse waarop die kolonialistiese blik eienaarskap oor die landskap eis. En vroeër vanjaar het hul voor my voete geval. Oor 'n koek. Nie sommer net 'n gewone koekie nie, nee - hierdie is my pièce de résistance, die wapen waarmee ek vroue oorrompel. In my en die koek se geskiedenis het ek dit al voorgesit aan my vriendin S wat dit "die koek van orgasme" gedoop het, 'n ander gas het post-break-up besluit dat sy voortaan die koek vir mans sal verruil. Ek maak dit geruime tyd nie meer as mense vra dat ek poeding bring na 'n ete toe nie, want dit is bietjie soos om regtig super hot te lyk op 'n troue en gevolglik die bruid te upstage. Die koek is oorspronklik afkomstig uit Nigella Lawson se Feast - Chocolate Espresso Cake. Die koek wat ek bak bly alhoewel nie streng getrou aan haar weergawe nie - ek gebruik minder as die helfte van die meel in die oorspronklike resep, en voeg 'n helse klomp kakao by, wat ook nie in die resep is nie. Daar word ook meer koffie bygegooi as wat Nigella stipuleer, en die paar veranderinge lewer uiteindelik 'n deeply nuanced, donker, dekandente koek met 'n baie dense, amper fudge-agtige tekstuur. Bedien met mascarpone, vars ricotta, of slagroom, soos wat dit môre voorgesit sal word aan my groepie lektore, wat vir 'n wyle sal vergeet van die negation of the Absolute, en alle heil toeroep aan Die Koek.

1 comments:

SmitoniusAndSonata said...

I can see why this might be orgasmic !