Nov 7, 2009

being is always being-towards-beet

Daar is 'n algemene obsessie met beet in hierdie geledere. Na aanleiding daarvan was daar 'n jaar terug 'n particularly vivid droom waarin beet baie prominent was, en het ek 'n week of drie terug uiteindelik 'n toneel wat ek na aanleiding van die droom geskryf het, geskiet. Met obsene hoeveelhede primitiewe, bykans kreunende beet. En na afleiding van die shoot, met 'n yskas vol beet, besluit ek toe om van dit in te lê. Mev Slade se Afrikaanse kookboek uit 1944 het 'n resep met baie suiker en 'n koppie room ingesluit, wat my my melk laat wegskrik het. Uiteindelik het ek besluit op 'n resep wat ek by The Kitchn raakgelees het, met rooiwynasyn, bietjie dragon, suiker en sout.

En dit is effe onthutsend hoe vervuld 'n bottel ingemaakte beet in die yskas my laat voel.

3 comments:

jvdh said...

Het jy melk?

Jeanne said...

Dis how ek gevoel het toe ek vir die eerste keer konfyt gemaak het. Beslis onthutsend!! En beslis out of keeping met my image van myself ;-)

Bordeaux said...

Ons kry volgende week beet in ons Organics pakkie. Nou't ek plannetjies- le in, maak die slaai hierbo en beet pasta!