Oct 31, 2009

t is vir teleurstellend

Ek is in 'n streak van teleurstellende gebak. Eers was daar 'n crème caramel uit Tessa Kiros se Twelve, wat my gelaat het met 'n korrelrige koue vla wat ek uiteindelik moeilik opgeëet het. (Dis deel van die probleem van alleen woon, daar's niemand wat jy kan guilt trip om jou yskas te help leeg eet nie). Toe 'n koffie en walnut (wat is die Afrikaans vir walnut? Ek is te lui om my woordeboek te gaan haal) koek uit Nigel Slater se Kitchen Diaries. Dit is 'n welbekende feit dat ek versot is op die man en sy resepte, maar hierdie resep het nou vir 'n tweede keer my in die steek gelaat, 'n droë koek wat mens net generally nie lus was om te eet nie. Die derde geval was Orangette se sjokolade gateau, en alhoewel hierdie met rasse skrede 'n verbetering was op die vorige twee, was dit steeds effe van 'n teleurstelling. Dalk omdat dit so opgehewe is (die vrou het dit immers vir haar troue gebak!), maar ook omdat ek nie die resep aangepas het en meer kakao bygevoeg het om te kompenseer vir die feit dat ek nie sjokolade gebruik het met 'n vreeslike hoë kakao-inhoud nie.

En nou is ek nogal gatvol. Dit is tyd vir iets wonderliks.

2 comments:

jvdh said...

Okkerneut. En daar bly iets onverklaarbaar aan die bakproses.

Jeanne said...

Stem saam met jvdh - beslis iets onverklaarbaar. Ek verkies enige dag kook bo bak - meer "room to manoeuvre" ;-) Jammer om te hoor oor die Nigel Slater resep - ek is ook versot op dié boek maar het nog nooit uit hom gebak nie...