Oct 5, 2009

red onion relish

Ek het die klassieke Afrikaner-swakheid vir die kombinasie van soet en sout, en ek is altyd op soek na maniere om ietsie soets in 'n maal in te werk. Verlede week - 'n bossie rooi uie van die boeremark, vir letterlik ure oor 'n lae hitte saam met bietjie botter, bietjie heuning en heelwat balsamiese asyn laat prut, tot dit 'n soet, glinsterende sticky mess is. Nou word daar maniere uitgedink om dit te geniet.