Oct 14, 2009

tyd vir die mortar and pestle

'n Midde-Oosterse oomblik: twee keer tuisgemaakte falafel gemaak, die kekerertjieballetjies die eerste keer gediepbraai, wat weereens traumaties was. Met die tweede probeerslag dit in die oond gebak, en dit was heerlik - sal van nou af gewis dit eerder so doen. Ek het 'n resep van Mark Bittman gebruik, wonderlik geurig met varsgemaalde komyn, koljander en knoffel. Toe ook Nigella Lawson se Forever Summer nader gehark, waar sy 'n skaapboud vol ras-el hanout vryf en dan bak. Ek het dit probeer met skaaptjoppies, my ras-el hanout 'n kombinasie van neutmuskaat, kardamomsaadjies, naeltjies, borrie en kaneel. Ek vermoed ek het bietjie van 'n swaar hand gehad met die naeltjies, en dit het uiteindelik te sterk na vore gekom. Sal eenvoudig net weer moet probeer.

0 comments: