Oct 5, 2009

detox

Ek, die Kollega en haar paramour T was die naweek op Aardklop, en daarvoor is daar binnekort 'n hele post oor als wat ons verorber het in die twee dae wat ons in die Doppers se kos-midde was. Maar vir eers dit wat daar geëet is voor en na die twee-dag marathon van braaikosse, ter voorbereiding van en herstel na. Die aand voor ons vertrek het ek die twee bedien met 'n weergawe van Nigella se crostini del mare, met mossels, groenuie, knoffel, witwyn en olyfolie op bros bruschetta, en 'n slaai van slaaiblare, verskeie vars kruie, groen olywe, en 'n bietjie van die red onion relish. Vanmiddag, met die eerste ete na my terugkeer (ek was gister te moeg om enige iets te maak, en het van granola en beskuit geleef), het ek 'n stukkie vars pangavis* met knoffel, suurlemoen en tiemie gehad, met slaai en 'n gebakte aartappel. Daar lê nog 'n hele paar dae van slaai en seekos oor, skat ek.

*(wat ongelukkig nie so opwindend is soos die pangaman nie)

0 comments: