Oct 30, 2009

aandete

'n Resep wat ek letterlik jare terug al uitgeknip het, van Claudia Roden, oorspronklik uit haar Middle Eastern Food. Eiervrug imam bayildi, 'n Turkse gereg wat bestaan uit eiervrug wat gestop word met tamatie, uie, kruie en knoffel, en swaar bedruip word met olyfolie, bietjie rooiwyn in die bak om te keer vir vasbrand. 'n Uur in die oond, sysagte eiervrug skyfies en 'n sappige vulsel.

naskrif: en hiermee ons 100de post! happpy happy.