Sep 20, 2009

zoete nacht

Sondagaand tuis. Tussendeur eindelose beursaansoek-rompslomp 'n aandete van dun oondgebakte skyfies beet en aartappel, met growwe sout, varsgemaalde peper en dragon, bedien met guacamole. En dan, 'n reuse bak granola in die oond wat besig is om uit te droog, volgens 'n Rose Bakery resep - hawermout, sesamsade, sonneblomsade, heel amandels, met bietjie olie, heuning, bruinsuiker, vanielje en kaneel. Die hele huis ruik na die soet stroop.