Sep 14, 2009

reis na die land van wyn en wonderlike mans

My vriendin S het my voorgestel aan heelparty kulinêre wonders - peking duck, Seattle Coffee Company se baked chocolate mousse cake, huisjekoekies, en haar weergalose gebakte sjokoladepoeding. Dit is dus dan ook net gepas dat 'n paar dae van ure-lange gesprekke, oor alles van paramours, anal sex, ekse (nie noodwendig in daardie volgorde), tot hoe om slim kinders te hê, corduroy as aphrodisiac en Gretha Wiid se sussie, daar dan ook baie goeie kos genuttig sou word tydens ons kuier in Stellenbosch. Die paar dae het afgeskop met 'n bord groen noedels met hoender en sataysous by Simply Asia, in 'n kuier saam ML en haar huismaat, en waar meeste van die gesprek gedraai het om Amsterdam. Die volgende oggend was daar croque-monsieur by die lieflike Nook, 'n klein restaurantjie in Van Ryneveldstraat in Stellenbosch wat jy eenvoudig net moet besoek as jy in die rondte is. Die volgende paar dae sou daar nog heelparty besoeke wees daarheen, wat 'n aantal heerlike pain au chocolat ingesluit het. Tuis het ons kassler tjoppies met gebakte aartappels en suurroom geëet, saam met S se slaai van babaspinasie, avokado en granaatpitjies, en romerige bakke spaghetti carbonara, terwyl ons Withnail and I en Harold and Maude kyk. Saterdag was daar varsgebakte wafels met slagroom en sjokoladesous by die Slow food mark by Oude Libertas, terwyl ek heel verbouereerd gevoel het tussen die oorvloed kase, vars vis, crepes met Nutella en varsgebakte rogbrode. Later, tydens 'n stappie in die dorp, het ek iets gevind waaroor ek my hele lewe lank al droom - ekstra donker sjokoladeroomys, te danke aan Lecca il Gelato. Daar is wyn gedrink saam Paul by die Basic Bistro, gesels oor siblings en boeke en Russiese lesse, en nog Gretha Wiid (ja, sy's 'n hot topic), en die volgende dag het ek en S die plekkie gaan besoek vir hamburgers en tandoori chicken skewers.

En die Kaap sou immers nie die Kaap wees sonder seekos nie - diepgebraaide calamari by 'n dodgy-looking plekkie genaamd Coastal Catch, wat baie leuk was. Tussendeur is daar gepeusel aan stukke grana padano of broodjies met snoeksmeer, en laatmiddag gestap na Melissa's vir brownies en appelkoek saam met vriende en hul twee twee-jarige kindertjies, saam met wie ons later oor die muur by die speelgoedmusuem sou klim sodat die kinders in die gras kan speel. Vir 'n titseltjie recreational slumming (S was lank een van my gunsteling recreational slumming-vennote) was ons na Gino's vir pizza, waar die wynrooi interieur en die goedkoop liters sangria tot 'n giggelende tafel gelei het. Die laaste dag was daar wonderlike Black Lables en kaasburgers by Hudson's in Kloofstraat (enige plek wat gekarameliseerde uie op my burger sit dra my goedkeuring weg), en die aand, die coup de grâce - 'n ete by Cafe Dijon. 'n Klein Parisian bistro in die middel van Stellenbosch, het die plek my hart gesteel. Die kos ook. S het die rib-eye steak met frites en bearnaise sous gehad, ek eend met lemoen, en vir nagereg 'n gedeelde sjokolade fondant met koffieroomys. En natuurlik, soos dit die land van wyn en wonderlike mans betaam, vele glase, wit en rooi.

0 comments: