Sep 20, 2009

om eerlik te wees

Ek moet bieg - ek vind veel meer plesier daarin om vir mans kos te maak as vir vrouens. Dis nie net dat mans gewoonlik heelhartig inval en als wat voor hul staan verorber nie, maar ook die feit dat hul so dankbaar is dat iemand vir hul kos gemaak het. En hul het gewoonlik nie glutenvry, suikervry, suiwelvry, vleislose behoeftes nie - hul eet wat jy vir hul voorsit. Sondagaand het ek toe twee van my beste vriende aan tafel, albei mans, albei gewoond aan 'n dieet van Woolworths se ready-made meals of eier op roosterbrood, en laat ek dit onomwonde se - hul het geswoon. Nou moet dit seker gesê word dat daar seker min dinge is wat my meer stewig vasanker as Afrikanervrou as die feit dat ek kos uit die kombuis kan aandra na 'n klomp mans wat voor my voete neerval as ek dit doen, maar quite frankly dearies - lyk dit of ek huidiglik omgee? Die ete self was taamlik eenvoudig - varsgebakte challah-brood wat pragtig, pragtig gerys het, en goudbruin en stomend warm uit die oond gesluip het, en hoender met za'atar. Ek kon nog nooit za'atar opspoor in Suid-Afrika nie, en met 'n pakkie sumac wat uit die vreemde gestuur is het ek toe my eie gemaak - sumac, tiemie, sout en fyngemaakte sesamsade. Die hoender was 'n resep van Nigella, en ek het die brood en hoender bedien saam met 'n resep wat ook uit Nigella se Forever Summer kom (wat ek die laaste paar dae weer herontdek het), fattoush. 'n Midde-Oosterse slaai, met grofgekapte tamatie, komkommer, Italiaanse pietersiellie en kruisement, groenuie en dan 'n vinaigrette van olyfolie, suurlemoensap, sout en sumac. Vars, so heerlik somerrig, het dit die show gesteel. Wel, dis nou net as mens nie my veelvoudige talente as trouvrou, wat daardie aand so heelhartig deur die mans besing is, insluit nie. I do so love being a show-stopper.

4 comments:

paul said...

ek wens so iemand wou nou vir my kos maak op hierdie Sondag middag... selfs eier op roosterbrood klink lekker.

Holly, Wood and Vine, Ltd. said...

Ek het hierdie post nie gesien nie. Lekker. Ek moet se dat die vrouens wat ek die meeste lief het, ook die meeste eet!

Baie beindruk day jy challahbrood gemaak het.

Marie said...

Nee. Dis ek!

I am spread too thinly.

arcadia said...

paul: ai. jy sal maar desember na 'n dinner party toe moet kom.

marie: challah is wonderlik! ek kan dit elke dag eet.