Aug 5, 2009

weeksaandetes

Ek maak nie dikwels ekstensief kos op weeksaande nie (meeste aandetes is uiteindelik 'n slaai), maar het in die laaste week twee keer van my roetine afgewyk, beide kere met degerige distractions. Die eerste was 'n baksel calzone, wat 'n poging van gemengde sukses was. Die calzones was omtrent so groot soos my hand (ek het klein handjies), en is gevul met 'n tuisgemaakte tamatiesous (tamaties, uie, tamatiepasta, kruie, soetwyn), chorizo en mozzarella. Die eindproduk was lekker, maar nie onvergeetlik nie - ek het gesukkel om die deeg dun genoeg uitgerol te kry (I might be in the market for a new pizza dough recipe), en die mozzarella wat ek gekoop het wou nie lekker smelt nie (sometimes frugality doesn't pay off). Maar dit was steeds satisfying op die manier wat enige gisserige warm baksel met geurige vulsels is, veral in ons ongure weer.

Die tweede was meer suksesvol - tuisgemaakte tortillas. Ek het hierdie resep gebruik, maar die volgraan weergawe gemaak. Dit is verspot maklik - maak die deeg aan, laat dit rys vir twintig minute, vorm dan agt balletjies, laat weer rys vir tien minute, rol dun uit, en bak in 'n droƫ pan. Ek het myne gevul met gebraaide chorizo, slaaiblare, avokado en ryp brie. Die volgende dag is daar een saam kampus toe vir middagete, met nog van die oorskiet brisket, avokado, en nog brie.

En nou is ek oppad kombuis toe om vir die eerste keer in my lewe kroketten aan te pak. Wish me luck.

2 comments:

jvdh said...

Ek vind komplekse maaltye in die week my help met ontspanning en algemene rustigheid -- dis dan soms meer nodig as op naweke. Tortillas is nou op my lys van projekte. En vertel asb van die krokette!

Marie said...

Good luck!

Chopping things very finely is very restful in the week, for me...

Baie pate gemaak hierdie week: hoenderlewer, gerookte forel (sp?), seabream met botter (dit was die leftovers van die Kat se viskoek).