Aug 16, 2009

kos vir die vele

Beste lesers

Ek word oud. Gisteraand het ek kuiergaste gehad, 00h30 in die bed gekom, na twee glase wyn. Vanoggend voel dit asof 'n trein my getrap het. Ek is, helaas, nie meer vandag se kind nie. (Sê sy op 24.)

In alle geval; die laaste twee naweke het ek twee keer van die Stellenboschers aan my tafel gehad, en hul bly steeds my gunsteling mense om te voer - hul is avid foodies, waardeer als wat vir hul voorgesit word, en die aan-tafel gesprekke kan strek van Angola se environmental policy tot by Gretha Wiid se ontbossings-behoeftes. Verlede Sondagaand was M-L hier bo uit die Kaap, en ek en sy en gm het hier in Arkadia saamgeeet. Die kos was eenvoudig, maar heerlik (klink dit vreeslik conceited as mens sê jou eie kos is heerlik? Dalk. But still, it was). Dus - 'n filet wat gemarineer is in olyfolie, knoffel, salie en suurlemoensap, en nog lekker rou bedien is. Ek het die pan met die oorblywende stukkies knoffel en salie deglaze met bietjie room, 'n hele paar fyngemaalde vars madagascar peperkorrels daarby ingeroer, en dit is oor die stukkies filet gegooi. Daarmee saam het ons 'n slaai gehad met 'n klomp asian greens en stukkies avokado, en een van Smitten Kitchen se pumpernickelbrode. Die pumpernickel was wonderlik - ek het dit veel langer laat rys as wat die resep vereis, en dit was absoluut die moeite werd. 'n Geurige, donker brood.

Gisteraand was gm weer hier, die keer saam met N, ook op van die Kaap af. Behalwe vir die feit dat N doodeenvoudig net een van daardie mense is wat jy aan enige iemand kan voorstel en hul nie anders kan as om mal te wees oor hom nie, is hy ook 'n joy om voor kos te maak. Entoesiasme bly 'n wonderlike ding. Op die spyskaart was daar een van my broer se vars plaashoendertjies, wat ek vir 'n dag of drie laat marineer het in suurlemoensap, vars groen chilli, baie knoffel en olyfolie. Op die laaste nipper het ek besef een hoendertjie tussen drie mense mag dalk te min wees (my vrees vir te min kos te as daar gaste is is notorious), en het toe uiteindelik toe stukke steak ook gaargemaak, wat ek dun gesny het en op 'n bed van roket bedien het. Daarmee saam was daar slaai met geroosterde red peppers en swart sesamsade, en Nigel Slater se knoffelbrood. Die hoender was uiteindelik, ten spyte van die paar dae se marinade, nie naastenby so geurig soos ek gehoop het nie. Maar die knoffelbrood was steeds, soos altyd, loshande die wenner. Die knoffelbotter is 'n kombinasie van botter, knoffel, chives, en pecorinokaas, en Dit. Is. Orgasmic. Poeding was van die toffierippel-sjokoladesalami-roomys.

En raai hoe lyk my kombuis en eetkamer vanoggend?

Ek het 'n behoefte aan 'n klein Chinese slafie.

1 comments:

Marie said...

*Sug* Yummy post.

Ek se dikwels my eie kos is heerlik. Dit gaan meer oor die kos self, dink ek...dis exciting as dit perfek werk.

En jy's reg, in life, enthusiasm in An Other is very compelling.