Aug 19, 2009

woensdag

Daar is min dinge so vervullend soos om vroeg die oggend, voor 'n dag wat my meestal gaan besig hou met Heidegger, in 'n koue kombuis te staan en shortcrust pastry maak. Die invryf van die koue stukkies botter tussen gemeelde vingers, 'n knippie sout. Die deeg wat versigtig gebind word met 'n derde van 'n eiergeel en 'n klein bietjie koue water, tot dit net-net nie meer uitmekaar val in krummelrige hordes nie.

Heidegger offers a phenomenology of existential dread, which he calls "anxiety". However, as we have just seen, we must first ask what anxiety has to do with the ontological concerns of Being and Time. The answer is twofold. First, we have seen repeatedly that the ontological structure of a phenomenon stands out in better relief in breakdown situations than in normal. We do not typically encounter equipment in terms of its ontologically constitutive elements; its equipmental character stands out in breakdown, when the ease and transparency of normal interaction slips away.

Uiteindelik sal die deeg 'n tert word, 'n tert met dun repies van die vars bossie uie wat ek Saterdag agter van 'n bakkie gekoop het by die Boeremark, die ou oom wie se vrag dit is wat my trots sy beet wys. (Beet entoesiaste kan mekaar van ver uitruik.) Saam met die uie 'n skeutjie room en nog 'n eier, totdat dit goudbruin uit die oond verskyn.

In anxiety the transparency of self-constitution breaks down, and I become aware of myself as a self-constituter.

Ns: Die shortcrust pastry resep wat ek gebruik het is die van die wonderlike Rose Bakery, in hul boek Breakfast Lunch Tea. Die vulsel behoort aan Orangette.
Nns: Die Heidegger-quotes is van William Blattner's A Reader's Guide to Being and Time.

2 comments:

jvdh said...

Nou raak ek lus.

Marie said...

Baie Elizabeth David.