Aug 7, 2009

die tafel van wonderlikheid

Een keer 'n jaar, op my pa se verjaarsdag, hou my ouers 'n verjaardag koek-en-tee vir tussen 100 en 150 mense. Dit is bietjie van 'n malhuis daardie dag - mense orals, kinders wat rondhardloop en mekaar jaag met stukke koek in die hand, en baie, baie koppies en pierings en koekbordjies wat in 'n makeshift assembly line gewas, afgedroog, en weer tafel toe gedra word. But I digress - waaroor ons eintlik omgee is Die Koektafel. My ma, een van die all-original sout-van-die-aarde-fazed-by-very-little-mense, is 'n major bakker. Ek het grootgeword met 'n huis vol koek, en 'n ma wat heeltyd bak, en vir hierdie verjaardagtee bak sy elke jaar weke aaneen. Hierdie jaar se tafel was weer 'n kombinasie van klassieke crowd-pleasers, kosmopolitaanse flair, en daai paar teetydtreffers waarsonder 'n Afrikanerkoektafel net nie kan sonder nie. Dus het ons moist sjokoladekoeke bedruip met sjokolade ganache en neute, baklava en pepperment crisp tert. Wortelkoeke, New York gebakte kaaskoeke en koeksusters. Portugese vlatertjies, karpatkas en pekanneutterte. En dan ook quiches met kersietamaties en olywe, 'n verskeidenheid puff pastry happies, en goeie, tradisionele Wenresepte soutterte. Met warm gluhwein wat al van vroeg bedien is, en 'n hele paar bottels port, bly dit 'n partytjie wat niemand vergeet nie. En dit is op sulke dae dat ek besef dat meeste van wat ek weet van kos maak, en veral van bak, ek by my ma geleer het.

(Ma, ma is brilliant.)

2 comments:

jvdh said...

Wat is dit? Dit is lekker!

Marie said...

Dit klink soos iets out 'n storie.