Jul 30, 2009

oorskiet (deel twee)

Die naweek het nog 'n paar geleenthede vir die uitklaar van die kombuis gebied. Die eerste was 'n pons wat ek gemaak het om na 'n partytjie te neem, en wat bestaan het uit 'n klomp goed wat al veel langer in die rondte is as wat goed is. Die basis daarvan was 'n blikkie silver needle white leaf tea, wat ek gemaak en verkoel het, en toe 'n liter perskesap wat al weke lank agter in die kas staan daarby gevoeg. Die halwe koppie gevriesde appelliefies is verpulp en saam met 'n paar skeutjies rum by die sap- en teemengsel gevoeg.

Die tweede geleentheid was in die vorm van 'n stuk brisket* wat ek vir 'n paar dae marineer het in sojasous, suurlemoensap, knoffel, salie en dan 'n sakkie wyn wat uit die vrieskas gekom het (Nigella Lawson skryf oor hoe sy as daar wyn in mense se glase oorbly na 'n dinner party, dit als bymekaar gooi en vries, en dan later in stowegeregte gebruik. And if it's good enough for Nigella, it's good enough for me.) Daar was ook 'n paar teelepels browning sauce in gewees, hoofsaaklik omdat dit een van daardie bottels is wat agter in my kas staan en nooit gebruik word nie. Ek het dit lank terug per ongeluk gekoop omdat ek gedink het dis sojasous, en sedertdien dalk drie keer gebruik. Dit mag dalk die een ding wees wat na hierdie groot inisiatief om van al die ongebruikte kos-items gebruik te maak steeds driekwart vol gaan wees, met geen blink idees aan my kant van wat om daarmee aan te vang nie.

*Die brisket is vir 'n paar uur gerooster totdat die krag in Arkadia vir 'n dag af gegaan het. Dit was dus nie so sag soos ek dit graag sou wou gehad het nie, maar steeds geurig en leuk.

4 comments:

jvdh said...

Ek het daai browning sauce drie keer gebruik, elke keer omdat ek gedink het dis soja. Gooi. Asseblief. Uit. Dankie.

The Electric Orchid Hunter said...

Wat op dees aarde is browning sauce en waarom wil 'n mens dit ooit gebruik. O, en watsit skielik met almal se penchant vir die woord 'leuk'? Is daar 'n Afrikaans-Hollandse trend waarvan ek nie bewus is nie?

arcadia said...

j: ek weet ek moet eintlik, maar ek kry die browning sauce jammer. ek dink ek ly aan wat douglas noem underdogging:

the tendency to almost invariably side with the underdog in a given situation. the consumer expression of this trait is the purchasing of less successful, 'sad', or failing products. "i know these vienna franks are heart failure on a stick, but they were so sad looking up against all the other yuppie food items that i just had to buy them."

leon: volgens tasteofhome.com : "Browning sauce is a blend of caramel color, vegetable concentrates and seasonings. Available since the early 1900s, the sauce is used to add a rich dark color to foods."

en ek gebruik jare al die woord leuk (dit word nogal in my gesin gebruik) ... kom ons hoop dit word 'n trend.

Marie said...

Dis regtig a 'n voorreeg om kos in Afrikaans te lees. Dankie!

Is browning sauce soos liquid Bisto, waarmee ek grootgeword het? O, nie jou antwoord gelees nie. Huh.

Ja, yugh :-)