Jul 20, 2009

elf kamerade aan tafel

Die afgelope paar jaar het ek en my baie goeie vriendin S 'n paar keer 'n jaar dinner parties in die vorm van 'n pigfest gehou. Aangesien sy gister na die land van wyn en wonderlike mans (ook bekend as Stellenbosch) getrek het het ons die laaste gesamentlike pigfest twee weke terug gehou. Ek en gm was verantwoordelik vir die kos, 'n formidabele vier-gang Oos-Europese spyskaart wat in teorie vreeslik pret geklink het maar wat my in die laaste halfuur voor die mense arriveer taamlike histeries gehad het - met potte en panne op al wat 'n oondplaat is, bakke met kos wat wag om in die oond in te gaan, kos wat in die gang afgepak word omdat daar nie meer plek in die kombuis is nie. En ek en gm wat dartel tussen al die verskillende disse, besig om te hoop dat die gaste laat is. (My gunsteling gaste is die wat so twintig minute laat arriveer; as hul later as dit is gaan ek dink hul's ongeskik). Dinge was uiteindelik onder beheer, en die eerste gang is bedien - blinis met suurroom en kaviaar. Dit is gevolg met borscht en 'n Georgian kaasbrood (die brood word warm bedien uit die oond, die mengsel van ricotta, feta en mozzarella wat uit die brood smelt). Toe is dit die hoofgereg, 'n buffet met 'n Hongaarse goulash van Nigel Slater, wat ure en ure in die oond was totdat die vleis heerlik sag uitmekaar val, 'n Georgian hoender gestop met rys en gedroogde cranberries, soet en suur frikkadelle uit Roemeniƫ , 'n rooikooldis uit Czechoslovakia, en 'n Russiese aartappelslaai. Poeding het bestaan uit Turkse sjokolade, koffie en kardamom potjies, en Poolse karpatka.

Heerlik.

En toe was ek vir twee dae lank skottelgoed.

2 comments:

The Electric Orchid Hunter said...

Haha, klink wonderlik. Ek hoop ek word eendag genooi.

Marie said...

Jeepers. A girl after my own heart. Right down to pre-curtain hysteria and the 20 minute late thing. Klink absoluut fantasties.

My captcha is 'minegest' - rather Cabaret-ish and suitable for your dinner.