Jul 9, 2009

bret-whatevertjies

Vir een of ander rede besluit ek toe om die bretzel rolls, wat ek by Smitten Kitchen gesien het, te maak. Fout.

Aanvanklik het dinge goed gegaan - hul het mooi gerys, ek het 'n pot water aan die kook gekry (die grootste pot wat ek besit, 'n ou drukkoker wat eens op 'n tyd aan my ouma behoort het en wat sy aan my gegee het vir een of ander rede, en wat jare lank nie meer beide handvatsels het nie, sodat jy hom half lopsidedly moet vashou), en toe die eerste probleem besef. Die resep vra dat die rolletjies in die water gekook word, soos bagels, maar alvorens die grootdoop kan plaasvind (ek was nog nooit veel van 'n besprenkeler nie) gooi jy 'n moerse klomp koeksoda in die water. Soveel koeksoda, in fact, dat ek nie genoeg gehad het nie, en einde ten laaste, volgens jvdh se advies, 'n klomp bakpoeier gaan bygooi het. At which point everything erupted. Mount Vesuvius comes to Arcadia. Nadat ek dit reggekry het om die pot van die plaat af te karring aan sy een handvatsel (met lieflike koeksoda-bakpoeier-skuim wat nou aan die warm plaat vasbrand, net hemels) en die grootste van die skuimplassies op die res van die stoof en die vloer waarop ek staan kon sidestep, het ek die res van die watermengsel weer verhit, sodat die proses kan aangaan. (Ja, ek is die kaalvoet-oor-Mount Vesuvius-tipe). Die rolletjies word dan so twee-twee in die koeksodawater gedompel, waarna jy hul uithaal en bak. Oftewel, dit was die plan. My bret-whatevertjies het konstant gebreek, sodat ek later oor die murky skuimerige pot staan en verlore deeg stukkies probeer soek, steeds bang dat nog 'n onverwagse uitbarsting my mag oorval. Toe ek uiteindelik almal uitgekry het en die goed in die oond is, moes ek erken dat hul meer soos Satan's spawn lyk as enige iets anders. My hoop was dat dit die tyd in die oond hul na regte sou laat kom. My hoop was verkeerd. Met die uitkomslag was die bret-whatevertjies net slightly minder gelatinous, effe meer bruin Satan spawn. Die een wat ek daai aand geƫet het was lekker, maar teen die volgende dag was hul consistency van so aard dat jy maklik iemand met hul sou kon doodgooi.

Ek sal dit nie weer probeer nie.

2 comments:

Marie said...

Ek skater van die lag. Koffie deurie neus. Dankie.

The Electric Orchid Hunter said...

O gats. Klink soos die slag toe ek botterskorsiesop aangedurf het en iewers in die middel van die resep besef het my pot is veels te klein vir die hoeveelheid vloeistof wat die resep maak. Moes toe uiteindelik die sop in twee potte maak, en dit deurgaans tussen die twee potte skep sodat die smaak ten minste eenders sou wees. Ai-ai-ai.