Jul 30, 2009

oorskiet (deel twee)

Die naweek het nog 'n paar geleenthede vir die uitklaar van die kombuis gebied. Die eerste was 'n pons wat ek gemaak het om na 'n partytjie te neem, en wat bestaan het uit 'n klomp goed wat al veel langer in die rondte is as wat goed is. Die basis daarvan was 'n blikkie silver needle white leaf tea, wat ek gemaak en verkoel het, en toe 'n liter perskesap wat al weke lank agter in die kas staan daarby gevoeg. Die halwe koppie gevriesde appelliefies is verpulp en saam met 'n paar skeutjies rum by die sap- en teemengsel gevoeg.

Die tweede geleentheid was in die vorm van 'n stuk brisket* wat ek vir 'n paar dae marineer het in sojasous, suurlemoensap, knoffel, salie en dan 'n sakkie wyn wat uit die vrieskas gekom het (Nigella Lawson skryf oor hoe sy as daar wyn in mense se glase oorbly na 'n dinner party, dit als bymekaar gooi en vries, en dan later in stowegeregte gebruik. And if it's good enough for Nigella, it's good enough for me.) Daar was ook 'n paar teelepels browning sauce in gewees, hoofsaaklik omdat dit een van daardie bottels is wat agter in my kas staan en nooit gebruik word nie. Ek het dit lank terug per ongeluk gekoop omdat ek gedink het dis sojasous, en sedertdien dalk drie keer gebruik. Dit mag dalk die een ding wees wat na hierdie groot inisiatief om van al die ongebruikte kos-items gebruik te maak steeds driekwart vol gaan wees, met geen blink idees aan my kant van wat om daarmee aan te vang nie.

*Die brisket is vir 'n paar uur gerooster totdat die krag in Arkadia vir 'n dag af gegaan het. Dit was dus nie so sag soos ek dit graag sou wou gehad het nie, maar steeds geurig en leuk.

Sexy Soups

The introductory paragraph to the "Sexy Soups" chapter one in those if-you-eat-this-you-will-be-happy-successful-clever-and-extremely-attractive books.

Today, as sperm counts plummet, women's fertility declines and the number of couples unable to conceive rockets, it seems beyond belief to me that so few couples are ever asked about their diets or given advice on the simple changes that could resolve their problems before resorting to high-tech methods. The same is true for loss of libido and erectile dysfunction: the 'easy answer' is drugs with side effects, but the real long-term solution starts with better nutrition.


Super Duper Soups - Micheal van Straaten

(I do not dismiss the role of nutrition, what you eat and how you prepare it, nor do I look down on soups. But seriously believing you can just soup up EVERYTHING in your life? Sigh...)

Jul 29, 2009

swart gevaar

Hier was 'n gebrek aan brood in die huis en ek het iets nodig gehad om my aandag af te lei, en so gebeur dit toe dat ek 'n Saterdagaand spandeer aan die bak van 'n Russiese swartbrood, wat ek op Smitten Kitchen gesien het. Die brood het 'n aardige lang lys van bestandele wat gewoonlik nie in brood te siene is nie, als van donker, onversoete sjokolade en shallots en espressopoeier en molasse tot drie verskillende tipes meel*. Die eindproduk was lekker, maar nie so wonderlik soos ek gehoop het nie. Dit was effe droog, en die geur van die verskillende elemente het nie sterk genoeg ontwikkel nie. Ek mag dit volgende keer langer los om te rys as wat die resep vermeld, wat gewoonlik die truuk doen. Maar daar's steeds iets wonderliks daaraan om op 'n Sondagoggend wakker te word en 'n vars tuisgebakte brood in die huis te hê, en het die swartbrood uiteindelik geëet saam met dun slivers gerookte salm**, en 'n skeppie suurroom.

* Ek het pas die wonderlike Eureka Mills ontdek, en hul rogmeel is nog die billikste wat ek in Pretoria kon opspoor. Daar is 'n lys van winkels in die stad wat hul produkte aanhou op hul webwerf.

** En tot my groot vreugde het ek nou 'n plek ontdek wat goedkoop (baie goedkoop) gerookte salm verkoop hier in die stad. The catch? Dis in Pretoria-Wes, en jy moet beide Bloed- en Proesstraat aandurf om daar uit te kom.

Jul 28, 2009

Ikea

I needed a desk lamp. After thorough perusal of Ikea website, verifying that the item with desired aesthetic qualities and reasonable price was available at my local store, I went shopping. It was a Sunday. Never go to Ikea on weekends. Especially not Sundays. Even if you badly need a desk lamp.

Two floors of 44m2 apartments full of shiny, happy people later, I found my lamp. By then I was in a hyperventilating, claustrophobic panic. I guess I not very good at buying things. The selection of Swedish titles on the make-believe bookcases cheered me temporarily, but it did not last through the children's section.

So to sooth myself (and to be able to say I've tasted Ikea food), I bought a 95p hot dog from the brightly-coloured Ikea hot dog man. It was much like everything else in the store, except that they did not recommend fixing it to the wall with the supplied screws. You receive the sausage in a bun, further assembly is over at the ketchup and mustard table. And like most other Ikea products, it is quite pleasing.


Jul 25, 2009

oorskiet (deel een)

Aangesien ek 'n punt bereik het waar ek taamlik gatvol is vir die hoeveelheid bits and pieces wat al maande in my yskas en koskaste wag om gebruik te word in iets (en dit somehow net nooit gebeur nie), het ek nou 'n poging begin aanwend om stelselmatig maniere uit te dink om als klaar te gebruik. Die eerste was 'n rooirissie en vier tamaties wat al lank in die yskas lê, hul het uiteindelik 'n tamatie- en rooisrissiesous geword, waarin die laaste van die Oos-Europese ete se frikkadelle (wat intussen gevries is) gedompel is, en bedien saam met die laaste bietjie couscous wat ek nog uit jvdh se spens geerf het voor hy weg is. Vier vlieë met een klap. Dan was daar ook 'n bakkie met toffiesous wat ek verlede jaar Junie gemaak het om te drup oor 'n toring profiteroles wat ek gebak het vir jvdh se verjaardag, en nadat die profiteroles 'n rojale flop was moes ek uiteindelik die sous vries. Daar is in die laaste twee weke twee gebruike daarvoor gevind - die eerste as 'n warm sousie oor plaatkoekies wat ek gebak het toe Mieta kom tee drink. Die tweede is toe die sous gebruik is saam met 'n stuk sjokolade salami, albei ingemeng by sagte vanielje roomys, en weer gevries. Die eindproduk was heerlik, 'n toffierippel roomys met stukkies van die salami, 'n kombinasie van sjokolade, droë vrugte, neute, en drank. Nou lê daar nog 'n klomp random sakkies en bakkies wat iewers gebruike moet vind; als van 'n halwe koppie gevriesde appelliefies tot twee koppies droë kekerertjies, en tien gevriesde eierwitte. Ek word soos my ouma; ek gooi niks weg nie.

Cherries (2)

In Kent we saw a man with a tractor and a table next to the road. It being Kent, and it being cherry season, we stopped. (It also allowed us to gracefully turn around and continue the search for the missed turn-off.) Upon enquiry, the man explained that he was not the farmer, but he was employed by him. And, most importantly to our minds, these were in fact their cherries. They were fat and shiny, unblemished by rough handling or miles of shipping or winters of cold storage. And their flavour exuberantly confirmed it.


They supplemented our lunch of packed sandwiches. In the shade of an oak tree. On clover. Just outside Sissinghurst Castle Garden. Not bad. A cool, fruity cocktail would have made it even better. Maybe with a cherry at the bottom of the glass.

Jul 22, 2009

Breakfast

One of my new housemates* keeps chickens and quail, both for eggs. The chickens were producing their one a day, but has been a bit reluctant since the heat wave at the beginning of the month. The quail though, are quite spectacular, delivering 13 eggs between the 11 of them every day. My mind boggles at the interior operations of those birds.

Breakfast: toasted some of Monday's bread - mostly white, with some seedy bits. A streak of bacon and then four gently fried quail eggs. They are tiny. The fragile shell contains a tough membrane, so cutting the tops off is the only reliable way of getting them out with the large yolk in one piece. Even so I only managed to get one whole onto my toast. The large yolk gives it a creamy texture, with a flavour maybe slightly less eggy than chicken can sometimes be.




* Proper post on my new living arrangements and cohabitants in preparation. Because it's worth writing about.

Jul 20, 2009

elf kamerade aan tafel

Die afgelope paar jaar het ek en my baie goeie vriendin S 'n paar keer 'n jaar dinner parties in die vorm van 'n pigfest gehou. Aangesien sy gister na die land van wyn en wonderlike mans (ook bekend as Stellenbosch) getrek het het ons die laaste gesamentlike pigfest twee weke terug gehou. Ek en gm was verantwoordelik vir die kos, 'n formidabele vier-gang Oos-Europese spyskaart wat in teorie vreeslik pret geklink het maar wat my in die laaste halfuur voor die mense arriveer taamlike histeries gehad het - met potte en panne op al wat 'n oondplaat is, bakke met kos wat wag om in die oond in te gaan, kos wat in die gang afgepak word omdat daar nie meer plek in die kombuis is nie. En ek en gm wat dartel tussen al die verskillende disse, besig om te hoop dat die gaste laat is. (My gunsteling gaste is die wat so twintig minute laat arriveer; as hul later as dit is gaan ek dink hul's ongeskik). Dinge was uiteindelik onder beheer, en die eerste gang is bedien - blinis met suurroom en kaviaar. Dit is gevolg met borscht en 'n Georgian kaasbrood (die brood word warm bedien uit die oond, die mengsel van ricotta, feta en mozzarella wat uit die brood smelt). Toe is dit die hoofgereg, 'n buffet met 'n Hongaarse goulash van Nigel Slater, wat ure en ure in die oond was totdat die vleis heerlik sag uitmekaar val, 'n Georgian hoender gestop met rys en gedroogde cranberries, soet en suur frikkadelle uit Roemenië , 'n rooikooldis uit Czechoslovakia, en 'n Russiese aartappelslaai. Poeding het bestaan uit Turkse sjokolade, koffie en kardamom potjies, en Poolse karpatka.

Heerlik.

En toe was ek vir twee dae lank skottelgoed.

Jul 9, 2009

bret-whatevertjies

Vir een of ander rede besluit ek toe om die bretzel rolls, wat ek by Smitten Kitchen gesien het, te maak. Fout.

Aanvanklik het dinge goed gegaan - hul het mooi gerys, ek het 'n pot water aan die kook gekry (die grootste pot wat ek besit, 'n ou drukkoker wat eens op 'n tyd aan my ouma behoort het en wat sy aan my gegee het vir een of ander rede, en wat jare lank nie meer beide handvatsels het nie, sodat jy hom half lopsidedly moet vashou), en toe die eerste probleem besef. Die resep vra dat die rolletjies in die water gekook word, soos bagels, maar alvorens die grootdoop kan plaasvind (ek was nog nooit veel van 'n besprenkeler nie) gooi jy 'n moerse klomp koeksoda in die water. Soveel koeksoda, in fact, dat ek nie genoeg gehad het nie, en einde ten laaste, volgens jvdh se advies, 'n klomp bakpoeier gaan bygooi het. At which point everything erupted. Mount Vesuvius comes to Arcadia. Nadat ek dit reggekry het om die pot van die plaat af te karring aan sy een handvatsel (met lieflike koeksoda-bakpoeier-skuim wat nou aan die warm plaat vasbrand, net hemels) en die grootste van die skuimplassies op die res van die stoof en die vloer waarop ek staan kon sidestep, het ek die res van die watermengsel weer verhit, sodat die proses kan aangaan. (Ja, ek is die kaalvoet-oor-Mount Vesuvius-tipe). Die rolletjies word dan so twee-twee in die koeksodawater gedompel, waarna jy hul uithaal en bak. Oftewel, dit was die plan. My bret-whatevertjies het konstant gebreek, sodat ek later oor die murky skuimerige pot staan en verlore deeg stukkies probeer soek, steeds bang dat nog 'n onverwagse uitbarsting my mag oorval. Toe ek uiteindelik almal uitgekry het en die goed in die oond is, moes ek erken dat hul meer soos Satan's spawn lyk as enige iets anders. My hoop was dat dit die tyd in die oond hul na regte sou laat kom. My hoop was verkeerd. Met die uitkomslag was die bret-whatevertjies net slightly minder gelatinous, effe meer bruin Satan spawn. Die een wat ek daai aand geëet het was lekker, maar teen die volgende dag was hul consistency van so aard dat jy maklik iemand met hul sou kon doodgooi.

Ek sal dit nie weer probeer nie.