Om die eend voor te berei is taamlik baie pret - eers word daar 'n broth gemaak van water, heuning, sprietuie en nog 'n ding of wat wat ek nou heeltemal vergeet het, en die eend, wat met chopsticks deurboor is sodat dit lyk of die arme ding gekruisig word, hang dan oor jou pot borrelende broth terwyl jy die vloeistof oor hom skep. Dan word die voël iewers in jou huis opgehang, voor 'n waaier, en sweef hy rond vir 'n paar uur terwyl jou vegetariese woonstelmaat begin heroorweeg of sy regtig so graag saam met jou wil bly. Dan word die oond vuurwarm gemaak, en die eend gebak terwyl jy begin pannekoekies bak. Als word voorgesit saam met daardie wonder van Chinese condiments - hoisin sauce.
Naskrif: Alle foto's: Jvdh. Die hot vingers in die laaste foto is natuurlik myne.
2 comments:
Fan-bloody-tastic. Result looks beyond professional. I am so hungry now!
Ek kan getuig van die wonderwerk hierbo. En ek het respek vir die woonstelmaat se toleransie.
Post a Comment