May 13, 2009

shibari peking duck

Alhoewel ons eerste poging om self peking duck gaar te maak effe herinner het aan 'n pluimvee weergawe van 'n Nobuyoshi Araki-werk was die eindproduk uiters leuk - sagte eendvleis met crispy skin, wat toegevou word in klein pannekoekies saam met dun repies komkommer en sprietuie.

Om die eend voor te berei is taamlik baie pret - eers word daar 'n broth gemaak van water, heuning, sprietuie en nog 'n ding of wat wat ek nou heeltemal vergeet het, en die eend, wat met chopsticks deurboor is sodat dit lyk of die arme ding gekruisig word, hang dan oor jou pot borrelende broth terwyl jy die vloeistof oor hom skep. Dan word die voël iewers in jou huis opgehang, voor 'n waaier, en sweef hy rond vir 'n paar uur terwyl jou vegetariese woonstelmaat begin heroorweeg of sy regtig so graag saam met jou wil bly. Dan word die oond vuurwarm gemaak, en die eend gebak terwyl jy begin pannekoekies bak. Als word voorgesit saam met daardie wonder van Chinese condiments - hoisin sauce.

Naskrif: Alle foto's: Jvdh. Die hot vingers in die laaste foto is natuurlik myne.






2 comments:

Marie said...

Fan-bloody-tastic. Result looks beyond professional. I am so hungry now!

jvdh said...

Ek kan getuig van die wonderwerk hierbo. En ek het respek vir die woonstelmaat se toleransie.